Honde is die draer van die virus en leeus word aangesteek as hulle kontak het met die of hul liggaamsvloeistof maak. Die leeus kry stuiptrekkings en stuipe voordat hulle vrek. Die enigste ander uitbraak van die aard het plaasgevind in die Serengeti waar ‘n derde van hul leeupopulasie gevrek het. Omstandighede is egter heeltemal anders in die Kgalagadi. Laer leeugetalle, groter oppervlaktes waarop hulle beweeg en min sekondêre draers van die virus, mag die uitkoms beter maak.
Dar is ook bewyse dat die Kalahari leeus reeds voorheen met die virus in aanraking was en ‘n natuurlike weerstand ontwikkel het. Die Leeus word deurentyd gemonitor
|