“Vandag se stadsmense wil net vlug van die stad se gejaagde lewe, opsoek na ‘n bietjie stilte, en waar dan nou anders as by Boegoeberg Eko Roete, al langs die magtige Oranjerivier, met ‘n ongelooflike geskiedenis waar swaarkry diep spore getrap het. Hier kan jy jou vermaak met alle aktiwiteite soos visvang, 4 x 4 roetes, stap roetes, jagfasiliteite, watersport, rare plantegroei spesies, voëlspesies, wildbesigtigings fasiliteite en ‘n spa in die hartjie van die Groen Kalahari. Daar is ook talle akkommodasie en kamp fasiliteite wat hierdie roete die perfekte wegbreek maak. By die poort (Groblershoop) van die Groen Kalahari is Oranjerivier Wynkelders waar ‘n inligtingsentrum is wat die toeris kan help met alle inligting wat hulle nodig het. Ons bied ook wynproe en keldertoere aan,” vertel Carin.
Hulle is ook besig om die webtuiste op te stel sowel as die Brosjure wat binnekort bekend gestel gaan word. “Ons omgewing het soveel geskiedenis wat besig is om uit te sterf en met hierdie roete gaan ons dit weer laat herleef! “, aldus Carin. Wollie Burger van Grootdrink se jare lange droom en passie om hierdie omgewing met sy ongelooflike geskiedenis, plante en dierelewe en pragtige sonsondergange aan ander oor te dra het ‘n groot aandeel in die stigting van hierdie toerisme forum gehad.
“Hoekom sal ons dan nou hierdie stukkie goud wil wegsteek vir ander? “ sê Carin.
Vir enige navrae email na info@boegoebergecoroute.co.za
|